Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Marga van Rooy erg siek
Marga van Rooy

Die aktrise Marga van Rooy, veral bekend om haar rol as Ella in ­Vetkoekpaleis, is ernstig siek.

Sy is die afgelope week in Pretoria geopereer en sal nou na ­Henriëtte Boot, haar dogter, in die Kaap verhuis.

Boot sê haar ma sal waarskynlik uittree as aktrise weens die siekte, maar sy wou nie verder daaroor uitwei nie.

Die nuus van haar siekte was ’n skok vir mense na aan Van Rooy.

Sy was nog in November in Bloemfontein op die verhoog te sien in die klug Daa gaat die bruid.

Dié produksie gaan weer in Januarie in die Atterbury-teater aangebied word.

Frans Swart, die vervaardiger, is bewus daarvan dat Van Rooy baie siek is.

Van Rooy wou nie kommentaar lewer oor die siekte of beplande aftrede nie.

Die aktrise het in Junie in die vermaakbylae Vrydag! vertel wat ’n voorreg dit vir haar is om in ’n beroep te wees wat sy steeds kan beoefen, “selfs al is dit soms ’n uitdaging om die woorde te onthou en trappe te klim, op my ouderdom”.

“Ag, dis gelukkig dat ’n mens in ’n loopbaan is waar jy nie hoef op te hou nie,” het sy gesê.

“Jy hoef nie af te tree nie, maar jy moet dit nog kan dóén. Dit is vir my heerlik om saam met die jong mense te werk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.