Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Margaret se Chris ry toe finaal ná foto

Margaret van Wyk van Schweizer-Reneke wat in 2016 oornag landwyd berug geword het nadat sy per abuis ’n intieme foto op ’n WhatsApp-groep gedeel het, is geskei.

Margaret van Wyk Foto: Huisgenoot

Margaret het in Julie daardie jaar die foto aan die plaaslike skool se hokkie-ouers gestuur.

’n Ander ma het amper dadelik kommentaar gelewer: “Sjoe!”

Daarna was dit weer Margaret se beurt:

“Sorry alma”; “vekeerd gestu my man bedul sorry almal (sic)” en “Hi Chris al gery”.

Verskeie inwoners van die eens rustige Noordwes-dorpie, wat nie hul name genoem wil hê nie, het die afgelope week aan Rapport gesê Margaret en haar delwer-man Chris is uitmekaar.

“Chris bly nog op sy kleinhoewe net buite die dorp, maar Margaret is nou in ’n dorpshuis. Hulle het verlede jaar geskei en sy het einde 2018 dorp toe getrek. Arme Chris kon nooit met die storie deal nie,” het een bron gesê.

Die dorp het van die begin af gegons dat die foto dalk nie vir Chris bedoel was nie.

Margaret het dit destyds in ’n onderhoud met Huisgenoot ontken.

“Ek en my man het ’n gelukkige en gesonde huwelik. Ek sien nie fout daarmee as ’n vrou af en toe sulke foto’s aan haar man stuur om die vonk in die huwelik te hou nie,” het sy gesê.

’n Inwoner op die dorp sê Margaret is baie geheg aan ’n ander man op die dorp.

Margaret het gister aan Rapport gesê sy beskou dit as ’n private aangeleentheid.

“My egskeiding het niks met die res van die land uit te waai nie.”

Chris wou ook nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Margaret Van Wyk  |  Schweizer-Reneke  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.