Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mark Minnie word Vrydag begrawe

Die begrafnisdiens van Mark Minnie (58) word Vrydag in Port Elizabeth gehou.

Die medeskrywer van die omstrede boek, Die Seuns van Bird Island, se lyk is verlede Maandag met ’n enkele skietwond aan die kop op ’n kleinhoewe in Theescombe aan die buitewyke van Port Elizabeth gevind.

Mark Minnie. Die foto is die Vrydag voor sy dood geneem. Foto: Lulama Zenzile

Die kleinhoewe behoort aan ’n vriend van Minnie, Brent Barnes. Daar is glo ook ’n vuurwapen en ’n brief naby Minnie se lyk gevind.

Die vuurwapen behoort glo aan ’n vriend. Dit is nog nie bekend gemaak wat in die brief staan nie.

’n Lykskouing is reeds verlede Dinsdag gehou maar die uitslag daarvan is nog nie bekendgemaak nie.

Minnie se dood het gekom presies ’n week nadat die boek wat hy en Chris Steyn, ’n voormalige ondersoekende joernalis, oor ’n beweerde pedofielnetwerk waarby voormalige ministers uit die apartheidsera glo betrokke was, die lig gesien het. In die boek het hulle die ministers as Magnus Malan, voormalige minister van verdediging, John Wiley, voormalige minister van omgewingsake, nog ’n minister wie se naam om regsredes weerhou word en die sakeman, Dave Allen, geïdentifiseer.

Die mans het volgens die boek jong bruin seuns na Bird-eiland naby Algoabaai geneem en hulle daar glo seksueel gemolesteer.

Allen en Wiley het hul eie lewe geneem, hoewel daar later bespiegel is dat hulle moontlik vermoor is.

Mense na aan Minnie het die naweek gesê hulle het gewag vir familie om uit die buiteland na Suid-Afrika te kom voor die finale begrafnisreëlings getref kon word.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Mark Minnie  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.