Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Marli van Breda se saak oor kuratorskap uitgestel

Die hooggeregshof in Kaapstad het die aanhoor van die kuratorskap van Marli van Breda tot einde Julie uitgestel.

Adv. Louise Buikman SC is as Marli se kurator aangestel nadat haar broer, Henri van Breda, hul ouers en broer in Januarie 2015 vermoor het.

Van Breda is verlede week tot drie keer lewenslank tronkstraf gevonnis weens die moorde en op die aanklag dat hy probeer het om vir Marli te vermoor, is hy tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Henri van Breda verlede week kort nadat hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Foto: Jaco Marais

Die hofverrigtinge in Marli se saak is verlede maand uitgestel sodat Buikman haar verslag kon indien.

Die aanhoor van die kuratorskap sal nou op 31 Julie plaasvind.

Regter Siraj Desai het die saak aangehoor en die saak uitgestel sodat die verslag gefinaliseer kan word. Die verslag is vertroulik en sal nie bekend gemaak word nie.

Tot en met die aanhoor van die saak sal regter James Yekiso se bevel nog geld. Dit sluit in dat Buikman die enigste persoon is wat met die media mag praat, dat die media versigtig moet wees oor hoe hulle oor Marli berig, dat daar nie oor haar mag geskryf word nie en dat sy nie afgeneem mag word sonder Buikman se toestemming nie. Indien die media oor Marli of die saak berig, moet dit versigtig hanteer word – net dit wat vir openbare belang geld, mag genoem word.

Marli het ernstige breinbeserings opgedoen in die aanval op haar en ly aan ’n vorm van amnesie.

Buikman se kuratorskap is in Oktober 2016 verleng al het Marli 18 geword. Sy is toestemming verleen om in die belang van Marli op te tree en haar te help met enige regskwessies en om ander “groot besluite” te neem.

* Van Breda het aangedui hy gaan teen sy vonnis en uitspraak appelleer. Dit word op 27 Junie aangehoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.