Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Martin (5) tuis ná hond hom byt
Mariëtte Oberholzer en haar seuntjie Martin. Foto: Verskaf

Die vyfjarige seun van Elarduspark in Pretoria wat verlede Sondag erge bytwonde opgedoen het toe ’n pitbull hom aangeval het, is Vrydag uit die hospitaal ontslaan.

Martin Oberholzer se ma, Mariëtte, herstel egter nog in die hospitaal van bytplekke aan haar enkel, hak en hand nadat sy ook deur die gesin se pitbullreun, Tyson, aangeval is. Martin is aan sy bobene, lies en arms gebyt.

“Die arme kind het nog heelwat pyn, veral wanneer sy wonde skoongemaak word,” sê Magda Roets, sy ouma.

Martin het verlede Sondag buite gespeel toe Tyson en die gesin se pitbullteef, Meisiekind, met mekaar baklei het. Die reun het toe glo uit die bloute op Martin afgestorm en hom herhaaldelik gebyt. Mariëtte het haar seun probeer help en is ook aangeval.

Sy het met Martin na haar man, Albert, se werkplek gejaag waar die nooddienste ontbied is. Hulle is van daar na die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville geneem.

Volgens Roets het Mariëtte se wonde geswel en moes hulle haar verbande afhaal om die drukking te verlig.

“Mense moet asseblief vir die gesin bid. Dit gaan lank neem om die trauma wat die voorval veroorsaak het te verwerk,” sê Roets.

Meer oor:  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.