Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mashaba: Alexandra-strukture ís onwettig afgebreek

Amptenare wat verlede week die afbreek van onwettige woonstrukture in Alexandra gemagtig het, sal aanspreeklik gehou word, sê Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg.

Volgens Mashaba wag hy op ’n verslag van die Johannesburgse metropolisie om vas te stel wat die gebeure voorafgegaan het. “Ek kan wel bevestig die strukture is onwettig afgebreek. Al wat ek nou nodig het, is ’n verslag in swart op wit, want dis wat ek gevra het. Daar sál gevolge wees vir diegene wat dit gemagtig het.”

Mashaba het gesê die vraag oor wie die afbreek van strukture goedgekeur het, het ook politieke ingrepe nodig omdat hy as uitvoerende burgemeester opdrag gegee het dat die stad nié strukture mag afbreek sonder dat hy daaroor ingelig word en dit goedkeur nie.

Volgens Mashaba is hy oor die afbreek-optrede ingelig terwyl hy besig was om ’n vlug te haal om na Suid-Afrika terug te keer. Toe hy Sondag geland het, het hy ’n dringende vergadering gehou met belanghebbendes wat by die goedkeuringsproses betrokke was.

Mashaba het gesê indien die mense uit Alexandra verwyder word, sal hy net elders vir hulle woonplekke moet bou. “Hierdie is tydelike strukture. Die stad Johannesburg sit met ’n behuisingsagterstand van meer as 300 000.”

Mashaba het bygevoeg dié behuisingskrisis in Johannesburg laat geen ander keuse nie as om strukture vir eers op dieselfde terrein te herbou. “Mense wat besluit het om die strukture af te breek, het ander agendas as waarvoor hierdie veelparty-regering staan,” het Mashaba gesê. – News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.