Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mashaba spog met nuwe ontwikkeling in Goudstad

Die Johannesburg-metro het begin met die bouwerk vir die eerste van ’n drie-fase-opgradering van die middestad.

Herman Mashaba, burgemeester van die Johannesburg-metro, het Donderdag verskeie amptenare, rolspelers en die media op ’n toer vergesel om die eerste van drie van die 84 geboue in die middestad te besigtig.

“Ons het ons reis begin om nuwe lewe in die stad te blaas deur die voorsiening van gehalte-laekosteverblyf vir ons inwoners,” sê Mashaba.

Volgens Mashaba is drie eiendomme, met ’n algehele beleggingswaarde van R204 miljoen, aan twee ontwikkelaars toegeken wat oor ’n goeie rekord vir bekostigbare behuising en ontwikkeling in die middestad beskik.

Die nuwe ontwikkeling volg nadat daar bereken is dat ongeveer 3 000 mense maandeliks na Johannesburg migreer wat bykomende druk op behuising plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.