Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mashatile se vrou oorlede
Paul Mashatile Foto: Gallo Images

Die ANC het Sondagaand sy medelye teenoor Paul Mashatile, die party se tesourier-generaal, uitgespreek met die afsterwe van sy vrou, Manzi Ellen Mashatile.

“Die ANC het met hartseer verneem dat mev. Mashatile ná ’n lang siekte oorlede is. Dit is ’n dubbele tragedie vir die Mashatile-gesin, wat die tesourier-generaal se ma ’n week gelede begrawe het,” lui die verklaring.

Mashatile se 82-jarige ma, Marriam Nomvula Mashatile, is Mandag, 22 Junie in haar slaap oorlede.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om die gesin privaatheid te gee gedurende hierdie moeilike tyd. Soos verwag, sal al die nodige maatreëls in ooreenstemming met Covid-19-regulasies gevolg word. Ons betoon ons innige meegevoel aan die familie.”

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, wou nie Sondagaand verdere inligting oor Manzi Ellen Mashatile se dood bekend maak nie.

Meer oor:  Paul Mashatile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.