Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jong vrou sterf ná perdry-ongeluk
Salomé Botha saam met haar dogter, Anna-Lize. Foto: Facebook

'n Jong perderuiter van Upington is Maandag oorlede nadat sy die naweek baie ernstig in ’n perdry-ongeluk beseer is.

Bernard Visser het Sondag op die Hoërskool Duineveld se Facebook-blad gevra dat mense voorbidding doen vir Anna-Lize Botha (22) wat by die dorp se skouterrein perd gery het toe sy van ’n perd geval en ernstige kopbeserings, onder meer frakture, opgedoen het.

Visser sê in sy inskrywing sy is na Bloemfontein geneem waar sy in ’n hospitaal se intensiewe-sorgeenheid opgeneem is.

Volgens boodskappe wat Anna-Lize se ouers, Pieter en Salomé, aan ’n WhatsApp-groep gestuur het, het dokters Sondagaand aan hulle gesê dat hulle niks meer vir Anna-Lize kan doen nie en dat sy nie self asemhaal nie.

Salomé het Maandag in ’n WhatsApp-boodskap mense vir hul steun bedank en gesê dat hulle met groot hartseer van Anna-Lize afskeid neem.

“Dankie vir al die gebede, glo sy het geweet van die duisende gebede en mense wat saam met haar was en dat sy geweet het sy was nooit alleen nie,” skryf die Botha-familie in een van die boodskappe.

Haar pa het Maandag bevestig dat sy om 13:05 oorlede is. Hy wou nie meer oor hul dogter se dood sê nie en het gesê die gesin is op pad terug na Upington. 

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is. 

Anna-Lize Botha (22), wat ná ’n perdry-ongeluk oorlede is. Foto: Facebook
Meer oor:  Upington  |  Sterf  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.