Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Massiewe brand in Boshof-distrik buite beheer’

’n Brand in die Boshof-distrik wat aanvanklik onder beheer was, het Donderdag in ’n massiewe brand ontaard wat teen laataand buite beheer was, sê Johann Breytenbach van die Vrystaatse Brandbeskermingsvereniging (FSUFPA).

Breytenbach sê baie hulpbronne word ingespan om die brand te bestry.

“Droë donderstorms het deur die gebied beweeg. Een brand het opgevlam oor ’n afstand van 6 km,” het Breytenbach vlugtig aan Netwerk24 gesê voordat hy weer sy aandag op die brand gevestig het.

Die Vrystaat is die afgelope week deur verwoestende brande geteister wat duisende hektaar vernietig, diere doodgebrand en mense ernstig beseer het.

’n Inwoner in die distrik het Donderdag op ’n stemnota vir gebede gevra.

“Bid asseblief vir ons. Die vuur is drie kante . . . al om die huis in die veld . . . kom nader. Ek het die sproeiers aangesit dat die gras nat word. Ons het die voertuie op die gras getrek. Gelukkig is dit nie hoë vlamme nie. Die gras hier om die huis is taamlik laag gebrand.

“Die manne probeer veg, maar hierdie vuur hardloop net. Bid asseblief vir ons en veral vir ouma en oupa.”

Die brand in die Boshof-distrik was Donderdagaand buite beheer. Foto: Andreas van Rooyen
Die reusebrand Donderdagaand in die Boshof-distrik. Foto: Andreas van Rooyen

Meer oor:  Vrystaat-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.