Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Matie kritiek nadat sy 2 verdiepings uit koshuis val

’n Matiestudent in haar eerste jaar is in ’n kritieke toestand nadat sy twee verdiepings ver geval het.

Taylië Chamondré Jaap (19) het Sondagoggend glo van die tweede verdieping van haar koshuis in Stellenbosch geval.

Taylië Chamondré Jaap (19) is in die hoësorgeenheid in die Tygerberg-hospitaal opgeneem. Foto: Facebook

“Ons is nog nie seker wat gebeur het nie. Iemand van die universiteit sal Maandag met ons kom praat,” sê Hein Leonard, haar oom.

Hy en Charmaine, sy vrou, is haar voogde en sy het ná haar ma se afsterwe ’n paar jaar gelede saam met hulle in Lambertsbaai aan die Weskus gewoon.

Sy is in die hoësorgeenheid in die Tygerberg-hospitaal in Parow in Kaapstad opgeneem en het teen Sondagaand nog nie haar bewussyn herwin nie.

Sy het Sondagmiddag self begin asemhaal en daar is “so ’n bietjie beweging”, sê Leonard.

“As ’n mens aan haar hande vat, dan reageer sy darem,” sê hy.

Leonard het Maandagoggend gesê hulle gaan omstreeks 10:00 die jongste inligting oor haar toestand van die dokters kry. Dit is nog nie seker wat die omvang van haar beserings is nie.

Sy was verlede jaar die hoofmeisie van die Schoonspruit Sekondêre Skool in Malmesbury.

John Stewe, Schoonspruit se skoolhoof, het op Facebook gevra dat vir haar gebid word.

“Ons weet dalk nie wat die omstandighede rondom die val was nie, maar ons weet gebed verander sake,” sê Stewe.

Die universiteit kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Taylië Chamondré Jaap  |  Matie  |  Val  |  Kretiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.