Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Matie se familie wil nie haar toestand bekend maak
Taylië Chamondré JaapFoto: Facebook
So lyk die gebou waaruit Taylië Chamondré Jaap Sondagoggend geval het. Die rooi blok dui die venster aan waar sy uitgeval het.Foto: Jaco Marais

Die familie van die Matiestudent wat die naweek twee verdiepings ver geval het, het die Tygerberg-hospitaal gevra om nie haar toestand aan die media bekend te maak nie.

Taylië Chamondré Jaap (19), eerstejaar-BSc-student, het Sondagoggend sowat 7 m uit die Serruria-koshuis op die Stellenbosch-kampus geval. Sy is in die Stellenbosch-hospitaal opgeneem en in ’n bewustelose toestand na die hoësorgeenheid van die Tygerberg-hospitaal in Parow, Kaapstad, oorgeplaas.

“Die familie het versoek dat ons geen inligting oor haar toestand aan die media bekend maak nie,” sê Laticia Pienaar, woordvoerder van die hospitaal.

Martin Viljoen, die Universiteit Stellenbosch se woordvoerder, het by navraag gesê die universiteit is nie in ’n posisie om inligting rakende haar toestand te verskaf nie.

Viljoen het Netwerk24 na die hospitaal verwys.

Intussen het Jaap se vriende op die Facebook-blad Pray4Taylië gesê haar toestand het Maandag verbeter.

“Dis vir my aangenaam om aan te kondig dat ons geliefde Taylië Jaap se toestand baie beter as gister (Sondag) is. Taylië haal op haar eie asem en sy reageer wanneer jy met haar praat,” lui dié inskrywing.

Volgens inskrywings Maandagaand op die Facebook-blad Almal wat die Here dien, is Jaap nog nie wakker nie. Die inskrywings lui sy het glo haar arm en drie ribbes gebreek en van haar werwels het geskuif, maar dit is na bewering teruggeskuif.

Hein Leonard, Jaap se oom en voog, kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.