Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Matriekmeisie dood 8 dae ná ongeluk

Kayla Smith (18), die matriekmeisie van Polokwane wat ernstig in ’n motorongeluk buite dié stad beseer is, het Saterdagaand aan haar beserings in die Netcare Pholoso-hospitaal beswyk.

Sy was op 23 Julie saam met haar halfsuster, Zaskia da Silva (29), en ’n goeie vriend van haar, Charles van der Walt (52), ’n makelaar van Polokwane, in ’n gru-ongeluk op die R71 sowat 5 km buite Haenertsburg, het Marietie Louw-Carstens vroeër berig.

LEES OOK: Lang pad na herstel wag op matriekmeisie ná ongeluk

Van der Walt en Da Silva is op die toneel dood.

Van der Walt het die silwerkleurige Ford Mustang bestuur.

Dit is nie duidelik wat presies die oorsaak van die ongeluk was nie, maar Van der Walt het vermoedelik beheer oor die motor verloor.

Dit het in ’n graswal vasgery en etlike kere gerol voordat dit aan die onderpunt van die wal teen ’n boom gebots het.

Kayla Smith (18), wat Saterdagaand in die hospitaal aan haar beserings beswyk ná ’n ongeluk sowat ’n week gelede. Foto: Facebook/Kayla Smith

Kayla is in die waakeenheid van die Netcare Pholoso-hospitaal in Polokwane behandel, maar die verdowing waaronder sy die week geplaas was, was nie meer so sterk soos die naweek net ná die ongeluk nie.

Haar ma, Liza Venter, het Dinsdag aan Netwerk24 gesê dat Kayla in daardie stadium nog nie wakker was nie en nog nie met hulle kon praat nie.

Die omvang van haar beserings was ook nog onduidelik.

Da Silva se man, José, is verlede jaar dood.

Van der Walt was die Da Silva-egpaar se finansiële makelaar.

Die egpaar het twee jong seuns van onderskeidelik agt maande en drie jaar oud, wat nou in Da Silva se ma, Wanda Badenhorst, se sorg is.

’n Roudiens is Vrydag vir Da Silva gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.