Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Matriekmeisie van Klein-Karoo sterf in motorongeluk

Die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn in die Klein-Karoo is in rou gedompel nadat een van sy matriekleerlinge, Marilize Nortier (18), in ’n motorongeluk op die Kango Grotte-pad dood is.

Marilize Nortier. Foto: Facebook/Marilize Nortier

Die ongeluk is Sondag kort voor 08:00 ontdek en dit is onbekend presies hoe laat dit plaasgevind het. Na bewering het die motor die pad verlaat en in ’n watersloot langs die pad beland. Marilize was blykbaar ’n passasier in die motor.

Die omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk is Sondag omstreeks 07:42 ontdek toe iemand die polisie in kennis gestel het van die motor wat in die sloot lê sowat 10 km van Oudtshoorn.

“Dit is onduidelik hoe laat die botsing plaasgevind het. Die oorledene is in die voertuig gevind waar sy steeds in die passasiersitplek gesit het. Die bestuurder van die voertuig is met beserings in die Mediclinic George opgeneem.”

Pojie sê die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Die Langenhoven Gimnasium sê in ’n boodskap op sy Facebook-blad die personeel en beheerliggaam het met leedwese kennis geneem van die tragiese afsterwe van Marelize, een van die skool se matrieks, en sy simpatie met haar ouers betuig.

Uit inligting op die Facebook-blad, die Gimnasium Ondersteuners Klub, blyk dit dat haar pa, Morné Nortier, ’n oudonderwyser van die Langenhoven Gimnasium is.

Marilize word ook oorleef deur haar ma, Suné.

Die BMW word Sondag uit die watersloot gehaal.
Die nooddienste Sondag op die ongelukstoneel.
Die motorwrak van die kant gesien.
Die motor se wrak van voor gesien.
Die nooddienswerkers Sondag by die BMW in die watersloot.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.