Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mbalula vra verslag oor treinongeluk in Tshwane
Die toneel van die ongeluk tussen ’n Transnet-kompakteerder en ’n Metrorail-trein Saterdagaand in Mamelodi.Foto: Ambu-Link

Fikile Mbalula, die nuutaangestelde minister van vervoer, wil so gou moontlik verslae van die spoorveiligheidsreguleerder en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) hê nadat tientalle mense Saterdagaand beseer is toe ’n Transnet-kompakteerder teen ’n Metrorail-trein in Mamelodi in die noordooste van Pretoria gebots het. 50 mense is gedurende die ongeluk by die Eerste Fabrieke-treinstasie beseer.

Volgens die Tshwane-nooddienste het 39 mense geringe en 11 mense matige beserings opgedoen.

“Die minister het sy adjunk, Dikeledi Magadzi, aangesê om die herstelproses van die mense wat in die ongeluk beseer is, op te volg,” het Collen Msibi, woordvoerder by die departement van vervoer, Sondag aan Netwerk24 gesê.

Volgens Msibi is al die beseerdes, wat in hospitale in die omgewing opgeneem is, intussen ontslaan.

“Slegs die bestuurder van die kompakteerder is nog in die hospitaal. Die minister het ook aan Prasa gevra om die beseerdes by te staan met hulp en ondersteuning by hul kantore in Tshwane en Johannesburg. Die minister wil verslae oor die ongeluk so gou as moontlik hê,” het Mbisi gesê.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, het gesê dit wil voorkom asof die kompakteerder met spoorinstandhouding besig was toe dit teen die trein vasgerol het. ’n Kompakteerder rol soos ’n trein op wiele en word gebruik om die gruis onder die treinspore vas te stamp. “Ek kan nie in dié stadium spekuleer oor die oorsaak van die ongeluk nie. Dit is die ondersoekers se taak om die rede wat tot die voorval gelei het, te bepaal.”

Mofokeng het Sondag gesê die treinroete tussen Pienaarspoort en Pretoria is tydelik gesluit terwyl opruimingswerk by die ongelukstoneel by die Eerste Fabrieke-treinstasie aan die gang is. “Daar word hard gewerk sodat die normale treindienste weer so spoedig moontlik hervat word,” het Mofokeng gesê.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Tshwane  |  Treinongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.