Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mbalula wil nie in ‘oorlog’ met taxiverenigings wees

Taxiverenigings moet nie die inperkingsregulasies oortree nie, want ’n “oorlog” tussen die bedryf en die regering gaan die kwesbare pendelaars die ergste tref.

Fikile Mbalula, minister van vervoer. Foto: Felix Dlangamandla

So het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Maandag op ’n virtuele mediakonferensie gesê nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) en ander taxiverenigings taxi-operateurs aangesê het om hul taxi’s vol te pak en nie by die voorgeskrewe 70%-kapasiteit van die regulasies te hou nie.

Die besluit spruit uit die dooiepunt tussen die taxiverenigings en die regering oor die reddingsboei vir die bedryf. Die taxiverenigings dring aan op ’n bedrag van R20 000 per taxi vir die maande sedert die inperkingsregulasies in werking getree het. Die regering sê dit kan net ’n eenmalige bedrag van R5 000 per taxi bekostig.

Mbalula vra vir geduld. “Dit is nie nodig om die strate in te vaar nie. Ons moet hieroor praat. Dit is nie nodig om met ’n oorlog te begin nie. Ons het nou, meer as ooit tevore, goedgesindheid nodig,” het Mbalula gesê.

Dit is nie nodig om die strate in te vaar nie. Ons moet hieroor praat. Dit is nie nodig om met ’n oorlog te begin nie. Ons het nou, meer as ooit tevore, goedgesindheid nodig

Volgens hom was daar reeds voorvalle van taxi’s wat lang afstande ry en 100% vol is. “Toe hulle deur die polisie afgetrek is, het die taxi-operateurs geweier om die geld terug te gee. Maar volgens wet mag hulle nie langafstandritte onderneem nie.

“Ons moet ’n bietjie respek toon vir die gewone mense. Hulle is kwesbaar, hulle het nie ’n keuse nie. As ’n taxi nie 100% vol mag wees nie, maar ek is laat vir werk, kan ek nie kapsie maak nie, want ek is bang ek verloor my werk. As die polisie hulle aftrek, wie gaan daaronder ly? Die taxi-operateur gaan, die pendelaar gaan, ons almal gaan daaronder ly.”

Mbalula sê hy het simpatie met die taxibedryf en die ekonomiese gevolge van die Covid-19-regulasies.

Volgens hom gaan die nasionale bevelsraad vandeesweek die kwessie bespreek om die kapasiteit tot 100% op te skuif, en op lang termyn sal gesprekke oor die subsidiëring van die bedryf voortgesit word.

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê hul werk is om die wette af te dwing. “Ons sal dit doen wanneer iemand oortree.”

Thabiso Molelekwa, nasionale woordvoerder van Santaco, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Meer oor:  Santaco  |  Fikile Mbalula  |  Taxiverenigings  |  Geldhulp  |  Reddingsboei  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.