Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Media-entrepreneur Matthew Buckland sterf op 44

Matthew Buckland (44), ’n Suid-Afrikaanse internet-entrepreneur en sakeman, is Dinsdag dood.

Matthew Buckland (45) Foto: Twitter

Buckland het die digitale agentskap en uitgewer Creative Spark gestig, en was voorheen hoof van Mail&Guardian se aanlyn afdeling.

Hy het Mail&Guardian se nuus- en meningsplatform, Thought Leader, gestig terwyl hy die digitale besighede van die koerant bestuur het.

Ná sy tyd by Mail&Guardian het Buckland ’n afdeling by News24.com, gestig, genaamd 20fourlabs.

Luidens berigte het Buckland aan kanker gely, en het daaroor geskryf in ’n ongepubliseerde boek wat hy onlangs afgeteken het.

Buckland se ouers is Andrew en Janet Buckland – twee prominente Suid-Afrikaanse akteurs en teaterskeppers. Hy is hul oudste seun.

Buckland het joernalistiek aan Rhodes-universiteit in die Oos-Kaap studeer en daarna in Londen gaan werk.

Buckland, wat saam met sy gesin in Kaapstad gewoon het, laat sy vrou, Bridget, en twee dogters agter.

“Matt se dood is ’n groot skok vir ons almal. Ons het nie net ons stigter nie, maar ook ’n vriend, verloor,” sê Cobus Heyl, direkteur van Burn Media wat deur Buckland gestig is, in ’n huldeblyk op ventureburn.com.

Ons dink aan Bridget, die kinders en sy wyer familie in hierdie tyd.

“Matt is ’n gerespekteerde man wat aktief bygedra het tot Burn Media Group. Dit sluit die onlangse bekendstelling van nuwe webwerwe in, waarop hy baie trots was. Dit is ’n bewys van sy toewyding aan die besigheid,” sê Heyl.

“Ons dink aan Bridget, die kinders en sy wyer familie in hierdie tyd. Hulle was Matt se lewe. Ons harte is by hulle.”

Trevor Ncube, bekende Zimbabiese media-entrepreneur, sê op Twitter Buckland het hom aan die internet bekend gestel.

“Ek sien uit om jou boek te lees,” sê Ncube.

Meer oor:  Entrepreneur  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.