Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mediclinic dans ‘Jerusalema’ ná moeilike Covid-tyd
“Jerusalem is my huis. Moet my nie hier los nie,” lui die gewilde liedjie “Jerusalema” waarop personeel van die Mediclinic Bloemfontein Donderdag danspassies uitgevoer het.Foto: Mlungisi Louw

’n Atmosfeer van verligting en vreugde het Donderdag onder die Mediclinic Bloemfontein se dokters en mediese, administratiewe en kombuispersoneel geheers toe hulle soos een man die gewilde Jerusalema-dans uitgevoer het.

Dansgroepe en ondernemings van oor die land heen neem nou deel aan die #Jerusalemadancechallenge en plaas video’s daarvan op sosiale media.

Dié beweging het landwyd vlam gevat toe die lied in Februarie aandag getrek het toe ’n groep van Angola ’n video gemaak het waarin hulle die “Jerusalema” dans.

Altesaam 280 personeellede van die Bloemfontein Mediclinic het die danspassies op ’n afstand van mekaar in hul oorpakke en maskers uitgevoer. Die hospitaal het seker gemaak daar is genoeg personeel binne die gebou om na die pasiënte om te sien.

Die byeenkoms is hoofsaaklik ter nagedagtenis aan twee susters by die hospitaal wat aan Covid-19 dood is.

Sr. Thandi Padi (33) is Sondag dood nadat sy van haar verlof teruggekeer het en sr. Kereeditse Pitso vroeër tydens die inperking.

Dokters en mediese, administratiewe en kombuispersoneel het Donderdag soos een man die gewilde Jerusalema-dans uitgevoer om twee verpleërs te gedenk wat gesterf het en te vier dat hulle sover deur die moeilike pandemietyd gekom het.Foto: Mlungisi Louw

Barbara Steenkamp, die hospitaal se woordvoerder, sê dit was twee van hul beste susters.

Die Mediclinic Bloemfontein het sedert Maart 684 Covid-19-gevalle aangemeld. Na verneem word, is dit die hospitaal met die hoogste aanmeldingsyfer in die land.

Hoewel die gevalle verlede week begin afneem het en op 69 geëindig het, was daar Woensdagoggend 80 gevalle.

Minstens 16 hiervan is in die hoësorgeenheid.

“Die pandemie ís nog hier,” sê Steenkamp.

Dr. Ilse Fourie, ’n algemene praktisyn, en dr. Poly Orji, ’n pediater oorspronklik van Nigerië, wat by die hospitaal werk, het met die idee vorendag gekom om die dans as ’n hospitaalgroep uit te voer.

“Ons wou ná die moeilike tyd die gemoedere ’n bietjie lig en om dit te vier dat ons deur hierdie ding gekom het. Vir my is dit soos nuwe lewe,” het Orji in die lenteson gesê.

* Die Mediclinic se dagkliniek, wat tans op die parkeerterrein gebou word, sal in Januarie gereed wees. Die kliniek sal 30 beddens hê en slegs vir dagbehandeling beskikbaar wees. Die nuwe parkeergebied sal teen Desember voltooi wees.

Sr. Kereeditse Pitso Foto: Verskaf
Sr. Thandi Padi Foto: Verskaf

Meer oor:  Jerusalema  |  Mediclinic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.