Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer as 200 oor Paasnaweek op paaie dood

Altesaam 235 mense is oor die Paasnaweek op die land se paaie dood.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het die statistieke Donderdag op ’n media-inligtingsessie by die Grasmere-tolplaza op die N1-hoofweg in Johannesburg bekend gemaak.

Volgens Mbalula was daar van verlede Donderdag tot Maandag 189 ongelukke.

KwaZulu-Natal het die meeste sterftes (54) en ongelukke (42) aangeteken. Gauteng volg met 36 sterftes en 30 ongelukke. Daarna Limpopo met 34 sterftes en 27 ongelukke.

In die Wes-Kaap is 26 mense dood, in die Oos-Kaap 27, in Noordwes 20, in Mpumalanga 18, in die Vrystaat 13 en in die Noord-Kaap sewe.

Die N3 het die hoogste verkeersvolumes aangeteken, met 151 143 voertuie wat deur tolhekke op dié hoofweg gery het.

Die wrak van ’n voertuig waarin die bestuurder Maandag op die N7 tussen Vanrhynsdorp en Klawer verongeluk het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Padsterftes  |  Ongelukke  |  Paasnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.