Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Meer as 27%’ van polisie in W-Kaap nie wapenbevoeg

Altesaam 4 556 polisielede in die Wes-Kaap het hul vuurwapenbevoegdheidstoets in die boekjaar 2017-’18 gedruip.

Dit kan soveel as 27,6% van die polisielede in dié provinsie verteenwoordig.

Dit blyk uit ’n antwoord op ’n parlementêre vraag van Mireille Wenger, DA-LPP en voorsitter van die staande komitee oor gemeenskapsveiligheid in die provinsiale wetgewer.

Mireille Wenger, DA-LPP in die Wes-Kaapse wetgewer en voorsitter van die staande komitee oor gemeenskapsveiligheid.Foto: Malherbe Nienaber

Wenger het Woensdag op ’n mediavergadering in die DA se kantore in die provinsiale wetgewer gesê selfs meer polisielede het in die boekjaar 2017-’18 gedruip as in 2016-’17 (3 101) en 2015-’16 (3 979).

Teen Junie 2017 het die polisiediens in die Wes-Kaap uit 16 467 lede bestaan, wat grootliks administratiewe en bestuurspersoneel uitsluit.

“Die gevolge as bevoegdheidstoeste gedruip word, is ernstig. Polisielede word oor die algemeen beveel om hul vuurwapen te oorhandig (as hulle druip). Dit lei tot polisielede sonder vuurwapens.”

Volgens Wenger is daar net een skietbaan vir die polisie in die provinsie en was daar al tekorte aan ammunisie.

Dít dra dalk by tot die aantal polisielede wat nie hul toetse slaag nie, en is ’n bron van “diepe kommer”.

“Dit is noodsaaklik dat polisielede vuurwapens moet hê, hul skietkuns moet oefen en moet verseker dat hulle bevoeg is. Polisielede kan versigtig wees om na misdaadgeteisterde gebiede te gaan as hulle nie die toerusting het om hulself te beskerm nie, wat nog te sê die algemene publiek.”

Met die tekort aan polisielede in die provinsie kan daar nie bekostig word om minder lede beskikbaar te hê as gevolg van administratiewe vereistes nie, sê Wenger.

“Ons moet ook onthou dat sommige hoë-misdaadgebiede so min as een polisielid vir elke 700 mense het.”

Sy sê besoek sal aan die skietbaan afgelê word om te probeer uitvind wat die uitdagings ten opsigte van die bevoegdheidstoetse is.

Die Wes-Kaapse polisie is Woensdagmiddag om kommentaar genader, maar het nog nie reageer nie.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.