Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer as 30 000 trap die lepel in vakansietyd in George

Meer as 30 300 spoedoortredings is sedert 1 Desember deur permanente en mobiele spoedkameras in George se munisipale gebied vasgelê.

Dit blyk uit ’n verslag oor die afgelope vakansietyd wat deur die George-munisipaliteit uitgereik is.

Vyf mense is in vier afsonderlike motorongelukke dood en die munisipale verkeersdepartement moes ook 48 ander motorongelukke hanteer. Altesaam 30 392 spoedoortredings is begaan. Drie mense is vir dronkbestuur in hegtenis geneem, vyf taxi’s is vir verskeie oortredings geskut, 412 verkeersboetes is uitgereik en twee onpadwaardige voertuie is van die pad verwyder.

George se brandweerdiens het 249 noodoproepe hanteer, wat 63 motorongelukke en 77 veldbrande insluit. Agt noodgevalle was by formele wonings en 32 by informele huise. Ander voorvalle sluit in die verwydering van slange en van troeteldiere wat gered moes word.

Volgens die munisipaliteit was die vakansietyd besig, maar die strande was stiller as vorige jare en toerisme het afgeneem.

Op strande het dinge stil verloop, meestal weens minder gunstige weerstoestande.

Joan Shaw, George se toerismebestuurder, sê die vakansietyd was nie so besig nie. Sommige groter hotelle het deur die loop van die vakansie verblyf beskikbaar gehad. Restaurante is wel goed besoek en ander toerisme-aktiwiteite het groot aftrek gekry.

Volgens Shaw is die hoofrede dat binnelandse besoekers weens die stygende lewenskoste nie baie geld het om te bestee nie.

Baie besoekers het by vriende en familie tuisgegaan eerder as om hul eie verblyf te bespreek.

Die internasionale toerismemark bly sterk en Shaw sê hulle hoop dit sal vanjaar voortduur.

Op strande het dinge stil verloop, meestal weens minder gunstige weerstoestande. Daar was geen verdrinkings nie, drie massa-reddings (waar meer as een mens tegelykertyd gered moes word), vier enkel-reddings en 31 voorvalle waar mense uit die water gehelp moes word. Die 70 menseredders het ook met noodhulp gehelp en met mense wat onder bloublasies deurgeloop het.

Daar was ’n afname in alkoholverwante voorvalle en strande is gemonitor vir drankgebruik. 12 liter alkoholiese drank is deur munisipale wetstoepassingsbeamptes gekonfiskeer. Dit sluit uit ’n onbekende hoeveelheid drank wat deur die polisie, Sanparke en buurtwagte gekonfiskeer is.

Voor die Oujaarsaandvieringe is beslag gelê op onwettige vuurwerk by onwettige handelaars in ’n gesamentlike ondersoek van die polisie, die Dierebeskermingsvereniging en munisipale wetstoepassingsbeamptes.

Meer oor:  George  |  Spoedoortredings  |  Spoedmeters  |  Spoedoortreders  |  Vakansietyd  |  Spoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.