Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer as 8 000 is al teruggebring na SA, sê departement

Meer as 8 000 Suid-Afrikaners is tot dusver uit die buiteland gerepatrieer.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het sedert die begin van die staat van inperking duisende Suid-Afrikaners wat in die buiteland gestrand was met die proses bygestaan om terug te keer.

Meer as 800 Suid-Afrikaners het ook deur die land se grensposte teruggekeer.

Luidens die verklaring word Suid-Afrikaners wat in Mosambiek gestrand is, toegelaat om van 12 tot 14 Junie terug te keer huis toe.

Die departement sê tussen 6 000 en 7 000 Suid-Afrikaners is steeds, ondanks die repatriasievlugte, in die buiteland gestrand.

Dit geld die 385 Suid-Afrikaners wat by die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Maputo geregistreer is, deur die departement van binnelandse sake bevestig en deur die regering van Mosambiek goedgekeur is.

“Hulle sal toegelaat word om deur die Lebombo-grenspos (Ressano Garcia-grenspos aan Mosambiek se kant) te reis,” lui die verklaring.

Hawelose, gestrande en angstige Suid-Afrikaners in Madagaskar, Namibië, Zambië, Ethiopië, Senegal, Malawi, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Zambië, Spanje, Australië, Rusland en die VSA is oor die afgelope paar dae uit dié lande gerepatrieer.

Dirco sê nog vlugte word vir die komende weke beplan.

Die departement sê tussen 6 000 en 7 000 Suid-Afrikaners is steeds, ondanks die repatriasievlugte, in die buiteland gestrand.

Die departement se bevelsentrum het sedert 3 Junie altesaam 7 197 Suid-Afrikaners op sy databasis aangeteken wat na Suid-Afrika wil terugkeer. Sowat 289 is as haweloos en behoeftig geklassifiseer, 892 verkeer in nood en meer as 6 000 is gestrand.

Die departement het vroeër gesê Suid-Afrikaners sal nie gratis gerepatrieer word nie.

Caiphus Ramashua, finansiële hoof van Dirco, het op 3 Junie op die sitting van die parlementêre portefeuljekomitee gesê die regering kan dit nie bekostig om Suid-Afrikaners op sy onkoste terug te bring nie.

Die departement help om repatriasievlugte te fasiliteer, maar Suid-Afrikaners wat aan die kriteria voldoen, moet ’n afbetalingsooreenkoms met die regering onderteken.

Meer oor:  Lebombo-Grenspos  |  Mosambiek  |  Buiteland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.