Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer as R130 000 reeds vir Dros-meisie ingesamel

Besorgde Suid-Afrikaners en selfs buitelanders het in minder as ’n maand reeds R137 581,87 ingesamel om die meisie wat in ’n Dros-restaurant in Pretoria verkrag is, met mediese en traumabehandeling by te staan.

Die geld word ingesamel deur middel van die skarefinansieringsplatform BackaBuddy, ’n onderneming sonder winsbejag. 193 mense het reeds bygedra.

Dit is op 3 Oktober deur anonieme Suid-Afrikaanse skenkers begin. Oorsese skenkers het ook betrokke geraak en een het selfs $2 122,47 (sowat R30 000) geskenk, sê BackaBuddy in ’n verklaring.

Die uitreik-aksie kom nadat ’n sewejarige meisie op 22 September in die Dros in Silverton, Pretoria, glo verkrag is.

Catherine du Plooy, bedryfshoof van BackaBuddy, sê die insamelingsveldtog is juis begin om die slagoffer te help om haar lewe “te herbou”.

“Die veldtog is steeds aktief, met die doel om dié jong meisie en haar familie te help met enige behoeftes in hierdie moeilike tyd,” sê Du Plooy.

Ons glo egter hierdie familie sal die beste weet hoe om die geld te gebruik om hul dogter in dié omstandighede te help. Ons sal dus nie aan hulle voorskryf hoe dit gebruik moet word nie.
Stigter wat verkies om anoniem te bly.

Al die geld wat ingesamel word, word streng deur BackaBuddy bestuur en sal direk aan die meisie se familie of ’n relevante praktisyn, soos ’n dokter wat deur die familie geïdentifiseer is, betaal word, sê sy.

Die familie se regsverteenwoordiger, Kineil Muthray, sê die meisie en haar gesin sukkel om die skok, sowel as die fisieke en emosionele trauma ná die voorval, te verwerk.

“Dit is ’n baie moeilike tyd vir hulle en die familie is dankbaar vir die BackaBuddy-span, die skenkers en die stigter van die veldtog wat nie net met die skenkings nie, maar ook met hul boodskappe van bemoediging die familie en slagoffer ondersteun,” sê Muthray.

Die stigter van die veldtog sê in ’n verklaring dat die skenkers verkies om anoniem te bly, want hulle soek nie ’n klop op die skouer nie.

“Wat belangrik is, is dat ons as besorgde Suid-Afrikaners saamstaan en hierdie jong slagoffer, wie se lewe byna vernietig is, help.

“Ons span is hartseer en ontsteld oor die voorval en ons harte gaan uit na haar en haar familie,” sê die stigter.

Hulle hoop dat die geld gebruik sal word vir terapie vir die slagoffer sodat sy “ten minste weer ’n mate van normaliteit – dalk selfs geluk – kan ervaar”.

“Ons glo egter hierdie familie sal die beste weet hoe om die geld te gebruik om hul dogter in dié omstandighede te help. Ons sal dus nie aan hulle voorskryf hoe dit gebruik moet word nie,” sê die stigter.

* Nicholas Ninow (20) word daarvan beskuldig dat hy die kind glo na die vrouebadkamer in die eetplek gevolg en haar in een van die toilethokkies vasgekeer het.

Haar ma en nog mense het hulle na bewering daar gekry.

Die verdagte is aangerand en die polisie ontbied, wat hom op die toneel in hegtenis geneem het.

Luidens die klagstaat word Ninow ook aangekla van die besit van dwelms en aanranding met die doel om ernstig te beseer, nadat hy glo met ’n gordel na kelners wat hom probeer aankeer het, geslaan het.

Hy is in aanhouding en verskyn weer in November in die landdroshof in Pretoria.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.