Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer padsterftes in Wes-Kaap as verlede jaar
’n Vragmotor wat deur die wind omgewaai is, versper die pad buite die Hugenote-tonnel aan die Paarl se kant. Foto: Jaco Marais

Meer mense is vanjaar tydens die Paasnaweek op Wes-Kaapse paaie dood as verlede jaar.

Teen Maandagaand het 33 mense sedert die begin van Paasnaweek Donderdag gesterf, vergeleke met verlede jaar se Paasnaweek-sterftesyfer van 27.

Volgens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, was een van die jongste noodlottige gevalle toe ’n passasier in ’n bakkie gesterf het nadat die bakkie op die Dutoitskloofpas gerol het. “Volgens ooggetuies het die bestuurder van die bakkie weggehardloop.”

Africa het gesê onder die sterfgevalle was daar 12 voetgangers, vier motoriste en drie passasiers.

’n Vragmotor het Maandagoggend op die brug net buite die Hugenote-tonnel weens sterk wind omgeslaan.

Vier mans en vier vroue is Maandagmiddag dood tydens tydens ’n kop-aan-kop-botsing op die R316 naby die Mierplaas buite Napier.

Die pad moes aan albei kante gesluit word. Volgens Africa is twee voetgangers Donderdag in onderskeidelik Nyanga en Kuilsriver dood. Onder die ongelukslagoffers was ook verskeie kinders, onder andere ’n tweejarige meisie in Eersterivier en tweejarige seuntjie in Mitchells Plain.

’n Vragmotor het Maandagoggend op die brug net buite die Hugenote-tonnel weens sterk wind omgeslaan. Africa sê daar was geen beserings nie. Volgens Africa is 44 dronkbestuurders in hegtenis geneem. Die hoogste bloedalkoholvlak van 1.30 mg/100 ml is in Mosselbaai aangeteken. Dit is vyf keer oor die wettige perk.

’n Motoris is vir die besit van tik in Vredenburg in hegtenis geneem.

Volgens Africa het die verkeersdepartement die naweek 341 boetes ter waarde van R435 350 uitgereik.

In die Suid-Kaap was daar drie sterfgevalle. Twee mense is in George dood, onderskeidelik ’n 23-jarige voetganger en ’n 35-jarige passasier. ’n Motoris is Sondag in Knysna dood toe hy beheer oor sy motor verloor het.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Wes-Kaap  |  Padsterftes  |  Paasnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.