Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer sterf vanjaar oor Paasnaweek

Die Paasnaweek-padsterftesyfer het met meer as die helfte toegeneem teenoor verlede jaar se Paasvakansie.

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het dit Vrydag aangekondig.

Volgens Maswanganyi is 235 mense die afgelope Paasvakansie dood, wat 51% meer is as die 156 verlede jaar.

Maswanganyi het die voorlopige syfers by ’n mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak.

Hy het diegene wat die mediakonferensie bygewoon het, gevra om op te staan en ’n oomblik van stilte te handhaaf vir die mense wat op die land se paaie gesterf het. – News24

Meer oor:  Joe Maswanganyi  |  Motorongelukke  |  Ongeluk  |  Paasnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.