Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meer van Afrika nodig op Wikimedia

Afrika verteenwoordig steeds slegs ’n klein gedeelte van die kennis wat op Wikimedia beskikbaar is.

Terwyl Afrikaans en IsiZulu aktiewe webtuistes het, is die meeste ander Afrika-tale afwesig of lewer nie gereelde bydraes nie, sê Douglas Scott, hoof van Wikimedia Suid-Afrika.

Wikipedia, die wêreld se grootste gratis aanlyn ensiklopedie, se jaarlikse konferensie word in Julie in Kaapstad gehou met die tema “Bridging knowledge gaps; the Ubuntu way forward”.

Vir Wikimedia om die “som van menslike kennis aan almal gratis” te verskaf, is dit belangrik om bydraes uit Afrika-perspektiewe te verhoog of in Afrika-tale te deel.

Net soos almal in staat moet wees om vrye toegang tot Wikimedia te hê, het almal die potensiaal om iets by te dra tot die gedeelde kennis.

Hy doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om te deel waaroor hulle passievol is op Wikimedia om ’n platform te skep wat ons plek in die wêreld beter verteenwoordig.

  • Die Wikimania-konferensie vind van 18 tot 22 Julie in Kaapstad plaas.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.