Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meeste kinders word groot sonder pa in huis

Dit is die ma’s en oumas wat kinders in Suid-Afrika grootmaak, terwyl pa’s onbetrokke is op verskeie vlakke, luidens ’n verslag oor vaderskap.

Net 35% van kinders in Suid-Afrika word groot met hul biologiese pa in dieselfde huis.

Dit is van die feite in die eerste verslag oor vaderskap deur Sonke Gender Justice en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN).

Die manier hoe swart mans tydens apartheid hul huise moes verlaat om in die stede en myne te gaan werk, het steeds ’n invloed op vaderskap.

Die verslag onderskei tussen afwesige pa’s – wat nie betrokke in hul kinders se lewe is nie, en die wat nie by hulle in dieselfde huis woon nie.

Volgens die verslag is die afwesigheid van pa’s in die lewe van hul kinders, hetsy emosioneel of fisiek, negatief vir die kinders. Meisies wat met ’n aanwesige en betrokke pa grootword het beter selfvertroue, en vorm beter en makliker verhoudings later in die lewe.

Seuns wat ’n onbetrokke of afwesige pa het, is geneig om “hiper-manlike gedrag te toon wat aggressie insluit”.

Die navorsers het klem daarop gelê dat die verslag nie die patriargale kernfamilie voorstaan waar die pa die “hoof van die huis” is nie, maar ’n gelyke huishouding.

Gegewe die vlakke van geweld teen kinders, gesinsgeweld en geweld teen intieme lewensmaats is die fantasie van die liefhebbende kerngesin nie haalbaar vir almal nie.

Wie bly by wie? 7 524 000 kinders bly net by hulle ma; 4 613 000 bly nie by hul ma of pa nie; 6 316 000 bly by albei ouers en 406 000 bly by die pa.

Daar is ’n verband tussen ’n lae inkomste en ’n afwesige pa, hoe armer die huishouding is, hoe meer kinders bly net by die ma alleen.

Die meerderheid kinders wat net by die ma of by ander mense – meestal die ouma – woon, is swart en bruin. Indiërgesinne het die grootste proporsionele persentasie waar die kinders by albei ouers woon.

Daar is ’n verband tussen ’n lae inkomste en ’n afwesige pa, hoe armer die huishouding is, hoe meer kinders bly net by die ma alleen.

Die manier hoe swart mans tydens apartheid hul huise moes verlaat om in die stede en myne te gaan werk, het steeds ’n invloed op vaderskap.

Met vasgestelde idees oor hulle rolle, soos kulturele praktyke (Inhlawulo) waar die betrokkenheid by ’n kind se lewe eers onderhandel moet word alvorens vaderskap aanvaar word.

Volgens die verslag versuim al meer en meer mans om onderhoud te betaal, met opset en distansieer hulself dan van die vrou en kinders. Dit versterk gender-ongelykheid wat mans sien as net geldelike voorsieners en dit maak hulle nie emosioneel meer betrokke by die kinders nie.

Dit is duidelik dat kinders hul pa nodig het as ’n proaktiewe versorger, prakties en emosioneel. Al woon die pa nie in dieselfde huis nie. Om ’n pa te wees, begin by die oomblik van bevrugting en duur vir die res van sy lewe.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Vaderskap  |  Gesin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.