Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meghan dalk weer aktrise

Dit lyk of Meghan Markle weer haar lyf aktrise wil hou. Sy en prins Harry het verlede maand opspraak verwek toe hulle aangekondig het hulle wil uittree as senior lede van die koninklike familie. Hulle het gesê die voortdurende media-aandag en kritiek op veral Meghan was net té fel en dat hulle “finansieel onafhanklik” wil wees.

Meghan en Harry.

Meghan het aanvanklik bekendheid verwerf vir haar rol as Rachel Zane in die TV-regsdrama Suits. ’n Bron het aan US Weekly gesê Meghan soek nou na ’n agent of bestuurder, en verwys na “toekomstige professionele projekte”. Sy het glo reeds ’n kontrak met Disney geteken om stemwerk te doen vir ’n toekomstige projek – maar in ruil vir ’n donasie aan Elephants Without Borders.

Ander bespiegel Harry sal dalk begin geld vra vir verskynings en toesprake by geleenthede.

Die gesin het intussen na Vancouver-eiland in Kanada verhuis. Hulle woon in ’n herehuis wat glo $14 miljoen (by die R210 miljoen) kos. Die Britse media, van wie hulle gevlug het, volg hulle steeds.

Mike Arsenault, ’n watertaxi-bestuurder, sê televisiespanne en fotograwe vra hom gereeld om hulle na dié oewerhuis te neem, maar hy weier. Arsenault, self ’n gewese fotograaf, sê hy verstaan hoe belangrik dit is om die “money shot” – ’n foto wat vir groot geld verkoop kan word – te kry, maar hulle gaan dit nie op sy boot kry nie.

Meghan is binne haar eerste paar weke in Kanada skelm afgeneem waar sy met hul baba, Archie, en hul honde gaan stap het. Die paartjie was briesend en het gedreig met regstappe omdat haar privaatheid geskend is.

Rebecca English van die Daily Mail het getwiet soos sy verstaan sal die paartjie in Maart vir een van die laaste kere terugvlieg na Brittanje vir onder meer Harry se laaste optrede as kaptein-generaal van die vloot by die Mountbatten Festival of Music.Saamgestel deur Landi Slatter

Meer oor:  Meghan Markle  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.