Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meghan se pa sê skielik hy gaan nie troue toe nie

In 'n skokaankondiging het Meghan Markle se pa besluit om nie deel van sy dogter se troue te wees nie.

Thomas Markle sr., wat saam met 'n steelfotograaf gewerk het om fopfoto’s van hom te neem, het Maandagaand in 'n onderhoud met TMZ gesê hy het nie baie geld gemaak uit die transaksie met die steelfotograaf nie en dat hy nie sy dogter of die koninklike familie in die skande wil steek nie.

Meghan Markle en haar pa, Thomas. Foto: Getty Images

Markle beweer ook dat hy ses dae gelede 'n hartaanval gehad het.

Samantha Markle, Meghan se halfsuster, het Maandag die blaam vir die fopfoto’s aanvaar. Nie sy of haar broer, Thomas jr., is na die troue genooi nie. 

Die nuus dat Markle, wat in die Mexikaanse dorpie Rosarito 'n kluisenaarsbestaan voer, nie die troue gaan bywoon nie, is op TMZ aangekondig sonder dat Kensington-paleis daarvan bewus was.

Die Mail on Sunday het Sondag eksklusief berig dat Markle in samewerking met die steelfotograaf Jeff Rayner vir fotogeleenthede geposeer het.
Volgens Mailonline het Markle nie mediese hulp ná sy hartaanval gesoek nie.

Doria Ragland, Meghan se ma, het reeds Vrydag in Londen aangekom en woon saam met prins Harry en Meghan in die Nottingham-kothuis, binne die kompleks van Kensington-paleis.

Doria sal haar dogter na verwagting na die kansel vergesel.


Meer oor:  Koninklike Troue  |  Troue  |  Pa  |  Meghan Markle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.