Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meisie (11) keer dat jonger boetie verdrink

’n 10-jarige seun is Vrydagmiddag deur sy 11-jarige sussie gered toe hy skielik in die moeilikheid beland het terwyl hulle in ’n gemeenskaplike swembad van ’n woonkompleks in West Riding naby Milnerton in Kaapstad baljaar het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het gesê paramedici het omstreeks 12:30 by die swembad in ’n kompleks aangekom en omstanders het om die kind saamgedrom.

“Die kind was verward, maar stabiel. Volgens omstanders was die kinders in die swembad toe die meisie sien haar broer het onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie,” het Vermaak gesê.

Hy sê volgens inligting het sy die volwassenes geroep waarna die seun uit die water gered is.

“Volgens inwoners het die seun glad nie gereageer nie en het hy eers later sy bewussyn herwin nadat hy water opgebring het.”

Paramedici het die kind ondersoek en na die Rooi Kruis-kinderhospitaal geneem.

Meer oor:  Milnerton  |  Swembad  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.