Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meisie (13) van Parow verdwyn by skool
Carla is Vrydag laas gesien by die skool. Foto: Facebook

’n Familie van Parow is rasend van bekommernis nadat ’n 13-jarige meisie Vrydag verdwyn het.

Carla Koen is Vrydagoggend omstreeks 07:50 laas gesien by die skool.

Sy was nêrens te vinde toe haar ma, Chantal van Gruning, Vrydagmiddag by die Parow Voorbereidingskool opdaag om haar op te laai nie.

Haar foto is sedert Vrydag wyd op sosialemediaplatforms versprei.

Carla het rooi hare en ligblou oë. Sy het ’n geboortevlek (’n rooi kolletjie) naby haar regteroor. Sy dra ’n oorbel in die bokant van haar linkeroor.

Ten tyde van haar verdwyning het sy ’n blou denimbroek, ’n wit t-hemp en pienk tekkies gedra.

Enigeen met inligting word versoek om die Parow-polisiekantoor te bel by 021 929 7037.

Carla se ma, Chantal Van Gruning, het dié pleidooi gerig op Facebook ná haar dogter se verdwyning. Foto: Facebook
Meer oor:  Carla Koen  |  Kind  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.