Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meisie (14) dood toe motor op N3 rol

’n Meisie (14) is Maandagaand in ’n ongeluk dood waarby vyf voertuie betrokke was op die N3 naby Inchanga in KwaZulu-Natal.

Nog nege mense is beseer.

Die ongeluk het omstreeks 20:00 op die N3, in ’n suidelike rigting, tussen Pietermaritzburg en Durban gebeur.

Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, is die meisie op die toneel dood verklaar. Sy is uit ’n Fiat Uno geslinger wat gerol het.

“Nog nege mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en daarna deur verskeie ambulansdienste hospitaal toe geneem,” het Herbst gesê.

Meer oor:  Paasverkeer  |  Padongelukke  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.