Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meisie (16) los briewe by vriende voordat sy verdwyn

’n Meisie (16) het voor haar verdwyning in Mayville, Pretoria, briewe aan haar vriende uitgedeel waarin sy kla oor haar huislike omstandighede.

“Caylee Albrecht is op die aand van 24 Julie omstreeks 21:00 die laaste keer deur haar ouma gesien,” het ao. Ronel Bronkhorst, ondersoekbeampte in die saak, Woensdag aan Netwerk24 gesê.

“Caylee se ouma het haar eers op 9 Augustus as vermis aangemeld omdat sy gedink het dat Caylee, soos in die verlede, vir ’n paar dae by een van haar vriende gaan kuier en toe sommer daar oorgeslaap het.”

Caylee Albrecht is op 24 Julie omstreeks 21:00 die laaste keer deur haar ouma in Mayville, Pretoria, gesien.Foto: Verskaf

Caylee, ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Wonderboom, het glo voor haar verdwyning vier briewe aan haar vriende uitgedeel.

Volgens Bronkhorst het dit ook intussen aan die lig gekom dat Caylee ’n gereelde kyker is van die Netflix-dramareeks 13 Reasons Why, waarin moeilike en uitdagende tienerkwessies uitgelig word. Dié omstrede dramareeks, gegrond op die blitsverkoper van Jay Asher, het die afgelope tyd hewig onder kritiek deurgeloop omdat dit moontlik selfdood onder tieners kan aanwakker.

“Die polisie het by Caylee se vriende se huise en in die omgewing na haar gaan soek, maar daar is geen teken van haar nie,” sê Bronkhorst.

Enigiemand wat weet waar Caylee haar bevind, word versoek om onmiddellik die ondersoekbeampte, ao. Bronkhorst, by 082 807 4088 of die polisiekantoor in Wonderboompoort by 012 335 2812 te kontak.

Meer oor:  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.