Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meisie (9) naby skool doodgery

’n Negejarige meisie is Dinsdagmiddag naby haar skool in Pretoria doodgery.

Sharlon Aphane (9) was ’n gr. 3-leerling in die Laerskool Elarduspark.

Sharlon Aphane (9)Foto: Laerskool Elarduspark/Facebook

Sy het Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 saam met haar ma, Maria, huis toe gestap. Hulle was nog nie ver van die skool nie toe Sharlon op Delmasweg naby die Barnardstraat-afrit deur ’n motor raakgery is.

Volgens Casper Visser, woordvoerder van Volunteer Emergency Medical Response Unit, was hulle eerste op die toneel. Hy sê Sharlon het baie seergekry. Toe die motor haar tref, is sy glo meters ver deur die lug geslinger.

Daar is besluit sy moet per helikopter hospitaal toe vervoer word, maar kort daarna het haar hart gaan staan.

“Ons het haar weer bygekry en toe besluit om eerder met haar na die Steve Biko-hospitaal te jaag as om op ’n helikopter te wag,” sê Visser.

Sharlon is ’n paar uur ná haar aankoms by die hospitaal dood.

Die skool kon nie Woensdagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Die skade aan die motor nadat Sharlon Aphane raakgery is. Foto: Casper Visser, VEMRU/Facebook
Meer oor:  Doodgery  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.