Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Meisie dalk gou met geliefde hond herenig
Nikita Ferreira (10) en haar hond, Shasha, toe hulle nog bymekaar was.Foto: Verskaf

’n Bloemfonteinse meisie hoop om met haar geliefde skaaphond herenig te word ondanks “harde woorde wat geval het” nadat die hond geopereer moes word.

Shasha is op 15 Januarie voor Nikita Ferreira (10) se ouerhuis in die stad raakgery en moes ’n heupvervangingsoperasie ondergaan.

Omdat hulle dit nie breed het nie, sê Barbie Ferreira, Nikita se ma, was hulle genoop om Shasha aan Thelmarie Theron, diereliefhebber wat rondloper- en verlore diere versorg, af te teken.

Theron het onderneem om die veeartskoste te betaal, mits die hond aan haar afgeteken word

“Maar twee dae nadat Shasha geopereer is, het ons vir Thelmarie gevra of ons vir Shasha kon terugkry omdat ons gesin verskriklik na hom begin verlang het. Nikita het ook geweldig getreur,” vertel Ferreira.

Theron wou nie die hond teruggee nie, maar het glo uiteindelik ingestem, op voorwaarde dat Ferreira die veeartsrekening van R3 600 betaal.

Ferreira sê sy het intussen agtergekom dat Theron donasies van die publiek gekry het om vir Shasha se operasies te betaal nadat sy op WhatsApp-groepe hiervoor gevra het.

“Ek het gevoel as die publiek reeds vir die operasies betaal het, waarom moet ek weer hiervoor opdok?”

Volgens Ferreira het Theron gesê van die skenkers wou hul geld terughê as Shasha teruggaan na die oorspronklike eienaars.

Ferreira sê daar is vasgestel dat vier mense hul geld terug wil hê, in totaal R1 200.

Sy sê Theron het vir haar ’n ooreenkoms gestuur wat sy moes onderteken om te bevestig dat sy die R1 200 én R1 000 vir die hondehotel waarin die hond aangehou word, te betaal voordat sy Shasha sal teruggee.

Ek het ’n oorweldigende reaksie gekry met die oorgrote meerderheid van mense wat gesê het dat Shasha na Nikita moes terugkeer.

Intussen het Cynthia Nel, ook ’n diereliefhebber en ondersteuner van die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV), tussenbeide getree, in die hoop om ’n gelukkige einde vir dié episode te bewerkstellig.

Nel erken sy het vroeër op Facebook die publiek se ondersteuning gevra en dat harde woorde soms geval het.

“Ek het ’n oorweldigende reaksie gekry met die oorgrote meerderheid van mense wat gesê het dat Shasha na Nikita moes terugkeer.”

Die plasing waarin Nel om hulp vra, het op Facebook ongeveer 400 kommentare uitgelok.

Theron sê nou sy is in onderhandelings met die Ferreiras en sal vir Shasha teruggee sodra aan die laaste voorwaardes voldoen word.

Ferreira sê sy wag nog om te hoor oor ’n moontlike lening van R1 000 van haar werkgewer om vir Shasha se verblyf in die hondehotel te kan betaal.

Meer oor:  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.