Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mej. Heelal vir kort kuier terug op tuisbodem
Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, voor ’n swartpot. Foto: Instagram/Zozibini Tunzi

“Selfs al is dit vir ’n baie kort rukkie is dit altyd ’n herstelproses vir die siel om by die huis te wees.”

So het Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, op Instagram gesê en foto’s geplaas van haarself in haar tuisdorp Sidwadweni naby Tsolo in die Oos-Kaap.

Tunzi woon in New York nadat sy die skoonheidskompetisie gewen het. Sy deel ’n woonstel, glo R73 miljoen werd, met Mej. Amerika, Cheslie Kryst.

“Ná so lank leef ons tussendeur trane van blydskap, liefde, warmte, ondersteuning en samesang. Kuhle eMatolweni!”

Zozibini Tunzi stap in die rigting van ’n hut. Foto: Instagram/Zozibini Tunzi
Die afvalgereg. Foto: Instagram/Zozibini Tunzi

In die foto’s het sy die hoëhakskoene, stywe rokke en grimering verruil vir ’n gemakliker uitrusting, kopdoek en sagte sokkies met plakkies.

Tunzi roer ’n kookpot op die vuur in een van die foto’s, stap in die rigting van ’n ronde huisie in die ander en wys ’n tradisionele afvalgereg in die laaste foto.

Die foto’s wat sy van die huis geplaas het, is op dieselfde plek geneem waar sy in Augustus verlede jaar vir haar ma, Philiswa, en pa, Lungisa, in Tsolo gaan kuier het.

“Welkom tuis!” het aanhangers en bekendes onderaan die foto gesê. Ook huidige finaliste vir die Mej. SA-kompetisie het kommentaar gelewer.

Dit is nie bekend hoe lank sy in Suid-Afrika bly en wanneer sy teruggaan nie.

Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Sidwadweni  |  Tsolo  |  Oos-Kaap  |  Mej. Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.