Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mense in KZN gemaan oor swaar weer vanmiddag

Mense in dele van KwaZulu-Natal word gewaarsku oor erge donderstorms wat Maandagmiddag- en aand verwag word.

Sipho Hlomuka, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), waarsku inwoners in die noordwestelike dele van die provinsie die donderstorms kan swaar reënneerslae, hael en weerlig tot gevolg hê.

Mense in die uMkhanyakude, uMgungundlovu, uMzinyathi, uThukela en Harry Gwala-distrik sal geraak word.

“Oorstromings kan in laagliggende dele voorkom en skade aan kritieke infrastruktuur en behuising aanrig, veral in informele nedersettings.

“Mense wat hulself buite bevind as die storms begin, moet skuiling binnenshuis gaan soek en motoriste moet nie probeer om oorstroomde paaie of paaie oor riviere gebruik nie. Motoriste moet baie versigtig bestuur,” sê Hlomuka.

Rampbestuurspanne is op ’n gereedheidsgrondslag geplaas en sal roetes en gebiede monitor waar oorstromings gewoonlik voorkom.

Meer oor:  Kzn  |  Kwazulu-Natal  |  Oorstromings  |  Reën  |  Weer  |  Hitte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.