Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mense van Seymour besorg oor gender-geweld
Die huis waarin vyf familielede Dinsdagoggend in Seymour in die Oos-Kaap doodgebrand het. Foto: Facebook, Oos-Kaapse departement van sosiale ontwikkeling

Die brand waarin vyf familielede, onder meer ’n baba, in die Oos-Kaapse dorpie Seymour dood is, was volgens plaaslike inwoners die vyfde voorval van gendergeweld in drie maande op die dorp.

So het die inwoners gesê aan Nomvano Zibonda, DA-leier van die kiesafdeling Raymond Mhlaba, wat die familie van die oorledenes besoek het.

Siphokazi Lusithi, Oos-Kaapse se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, was ook vroeër daar en het gesê die slagoffers is almal onherkenbaar verkool.

Die huis het Dinsdagoggend omstreeks 01:30 afgebrand. Die polisie sê mense het glo gesien hoe ’n man die huis aan die brand steek.

Die 32-jarige kêrel van een van die slagoffers is later Dinsdag in hegtenis geneem vir brandstigting, asook vyf klagte van moord.

Volgens kapt. Khaya Tonjeni, provinsiale polisiewoordvoerder, het die verdagte Woensdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy is steeds in aanhouding en die saak is tot 22 April uitgestel.

Intussen gaan Zibonda ’n versoek rig aan Weziwe Tikana-Gxotiwe, Oos-Kaapse LUR vir veiligheid en vervoer, om met ’n plan vorendag te kom wat die vroue en kinders in Seymour sal beveilig teen gendergeweld.

“In die gesprekke met lede van die gemeenskap, is ek meegedeel dat gendergeweld ’n toenemende probleem is met min sigbare polisiëring en baie min beskerming vir plaaslike vroue en kinders,” het Zibonda in ’n verklaring gesê.

Unathi Binqose, woordvoerder vir die departement van veiligheid en vervoer, het by navrae gesê die LUR is bewus van die “onaanvaarbare” voorval.

Die LUR het ’n beroep op die polisie gedoen om hul ondersoek deeglik deur te sien, en as nog mense betrokke was, moet hulle so gou as moontlik in hegtenis geneem word.

“Ons vertrou ook die regstelsel sal ’n duidelike boodskap uitstuur wat voornemende oortreders sal afskrik.”

* Voorvalle van gendergeweld in die Oos-Kaap kan aangemeld word by 0800 150 150.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Gendergeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.