Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Menseregte met naamsverandering ‘herstel’

Die naamsverandering van die lughawe in Oos-Londen is deel van die proses om mense se menseregte te herstel.

Dié verandering moet ook bydra tot nasiebou en maatskaplike samehorigheid.

Die Oos-Londen-lughawe in die Oos-Kaap is na die King Phalo-lughawe hernoem, het Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, bekend gemaak waar hy in die Oos-kaap oor die bekendstelling van Menseregtemaand gepraat het.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Mthethwa was Vrydag op ’n gemeenskapsbyeenkoms in Moses Tswede in Dimbaza, buite Qonce (King William’s Town), waar hy die gemeenskap saam met Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, en Fezeka Nkomonye, LUR vir kuns en kultuur, toegespreek het.

“Die transformasie van die erfenislandskap is deel van die proses om die menseregte van ons mense te herstel. Die hernoeming van die Oos-Londen-lughawe na die King Phalo-lughawe is deel van dié pogings,” het Mthethwa gesê.

Phalo, na wie die lughawe genoem is, was ’n opperhoof van die Xhosas, en Mthethwa het daarop gewys dat sy departement vir die koördinering en waarneming van nasionale vakansiedae, wat Menseregtedag insluit, verantwoordelik is.

“Die kwessie van nasiebou en maatskaplike samehorigheid is deel van dié pligte.”

Mthethwa het die dag gebruik om die vryheidsvegters Charlotte Maxeke en dr. John Langalibalele “Mafukuzela” Dube te herdenk.

Dube was die stigterspresident van die ANC, terwyl Maxeke ’n geloofsleier en aktivis was.

Dit is vanjaar 150 jaar sedert die geboorte van dié ikone.

“Die stryd van dié twee ikoniese figure in ons land laat ’n nalatenskap van ‘moet nooit toelaat dat jou omstandighede jou lot bepaal nie’. Deur die loop van hul lewe het hulle geveg vir die herstel van die menseregte van Afrikane op eie bodem en in die buiteland. Hulle het verstaan hoe ras, klas en gender saamloop in ons stryd.”

Mthethwa het verlede maand aangekondig dat die name van sewe dorpe en twee lughawens in die Oos-Kaap verander.


Meer oor:  Oos-Kaap  |  Naamsverandering  |  Menseregte  |  Herstel  |  Menseregtedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.