Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Menslike oorskot simbolies oorhandig in Oudtshoorn
CP Nel-museum
Die CP Nel-museum Foto: Jaco Marais

Die simboliese oorhandiging van menslike oorskot het Maandag in Oudtshoorn plaasgevind.

Die oorskot, wat afkomstig is van die CP Nel-museum, is deur Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, simbolies aan die gemeenskap van Oudtshoorn oorhandig om begrawe te word.

Die departement sê in ’n verklaring sy program vir herbegrafnisse is in Junie 2018 in George van stapel gestuur. Dit is vir menslike oorskot wat in museums is wat aan die departement geaffilieer is.

Museums word tans gereguleer deur menslike oorskot te oorhandig aan verteenwoordigers in die gemeenskap om met respek herbegrawe te word.

Marais het op die simboliese seremonie onder meer gesê hulle verstaan ten volle dat ’n heilige herbegrafnis vereis dat rituele in die museums plaasvind en dat die herbegrafnis as ’n proses gesien moet word eerder as ’n gebeurtenis.

Die eerste fase van die program behels die simboliese oorhandiging van die oorskot aan Oudtshoorn se gemeenskap. Die tweede fase is geskeduleer vir 4 April vir die begrafnis.

Die begrafnis-seremonie sal waargeneem word deur die gemeenskap, tradisionele hoofde, leiers en verteenwoordigers van die verskeie Khoisan- tradisionele huise en stamme van die Oudtshoorn-gebied volgens kulturele protokols en voorskrifte.

Volgens die departement help dit die Wes-Kaapse regering om maatskaplike inklusiwiteit te bou en alle kulture in die Wes-Kaap te erken.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Oorskot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.