Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Metropolisie help vrou in Jhb se middestad met geboorte

Lede van Johannesburg se metropolisie (JMPD) het Maandag op die Bree-taxistaanplek in Lilian Ngoyi-straat skoenveters en ’n skêr gebruik om met die geboorte van ’n baba te help.

Evans Lebepe en Danny Ledwaba was op voetpatrollie in die middestad toe ’n man hulle vra om ’n vrou te help wat besig is om te kraam, sê die JMPD in ’n verklaring.

Lebepe en Ledwaba is na die taxistaanplek, waar die vrou baie na aan kraam was. Hulle het ’n ambulans ontbied en intussen ingespring om te help.

’n Vrou het ook kom help en nuwe skoenveters en ’n skêr gebring. Lebepe het sy instink gebruik en die skoenveters en skêr gebruik om die naelstring af te bind en te knip, lui die verklaring.

Die ambulans het kort daarna opgedaag en die ma en baba hospitaal toe geneem.

Meer oor:  Johannesburg  |  Geboorte  |  Baba  |  Metropolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.