Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Metropolisie jaag onder skare uit wat hul aanval

Drie lede van die Tshwane-metropolisie moes mediese behandeling ontvang nadat hulle Maandag deur ’n groep oproeriges aangeval en petrol op hul voertuig uitgegooi is.

Die bestuurder van dié voertuig moes, met sy oë vol glasskerwe, onder die skare uitjaag na veiligheid.

Die metropolisie se voertuig is beskadig nadat oproeriges dit met klippe bestook het. Foto: Verskaf

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, sê ’n vroue-sersant en twee mans, ’n sersant en ’n konstabel, was Maandag op patrollie in Mamelodi, oos van Pretoria.

“Hulle het net die gebied ingegaan toe mense skielik van alle kante op hul voertuig toegesak het. Die voertuig met die drie insittendes is vasgekeer en met klippe bestook.

“Die vensters is gebreek en van die skerwe het in die lede se oë gespat. Die vrouelid is ook aangerand.

“Die lede het bystand ontbied, maar toe gooi die skare petrol oor die voertuig, wat die bestuurder genoop het om na veiligheid weg te jaag waar ander metropolisielede hulle te hulp gesnel het,” sê Mahamba.

Die polisielede is in die hospitaal opgeneem.

“Ons het eers later uitgevind die aanval was in reaksie op die Tshwane-metropolisie se hulp met ’n optrede teen grondgrype verlede week,” sê Mahamba.

Dit blyk dat mense verlede week onwettig strukture en plakkershuise op ’n stuk grond opgerig het.

Die Tshwane-metroraad het ’n diensverskaffer gestuur om dit af te breek en te verwyder. Die metropolisie het dié diensverskaffer se werkers tydens die opruiming begelei en beveilig.

“Ons veroordeel die aanval op ons lede ten sterkste. Hierdie absurde inmenging van die gemeenskap verhoed ons lede om ’n diens aan die mense van Tshwane te lewer,” sê Mahamba.

Die Tshwane-metropolisie se vangwa se agterruit is ook deur oproeriges flenters gegooi.Foto: Verskaf
Die voertuig waarin drie Tshwane-metropolisielede was toe hulle aangeval is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Mamelodi  |  Metropolisie  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.