Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Metropolisielid dood in motorfietsongeluk

’n Metropolisielid van Tshwane is Sondag dood nadat hy ’n ongeluk op die Mabopane-hoofweg met sy motorfiets gemaak het.

Volgens hoofsupt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, was die beampte aan diens toe die ongeluk gebeur het.

“Hy is hospitaal toe gehaas en is later daar dood,” sê Mahamba.

Die man se naam sal bekend gemaak word sodra sy familie van sy dood in kennis gestel is.

“Mag die siel van die gevalle soldaat in vrede rus. Hy sal baie gemis word. Ons wil graag ons innige meegevoel aan sy familie, vriende en kollegas meedeel,” sê Mahamba.

Reëlings oor ’n roudiens sal binnekort bekend gemaak word.

Meer oor:  Tshwane  |  Sterfgeval  |  Motorfietsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.