SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
MH370-stuk al in Desember gefotografeer
Die wrakstuk van die vermiste vlug MH370 van Malaysia Airlines wat in Desember op die strand van Klein-Brakrivier deur ’n inwoner van Knysna afgeneem is. Foto: SCHALK LüCKHOF

George. – Dr. Schalk Lückhoff, ’n afgetrede geneesheer van Knysna, kan dalk help met die oplossing van die raaiselagtige verdwyning van die vermiste vlug MH370 van Malaysia Airlines.

Lückhoff het in Desember verlede jaar op die strand by Klein-Brakrivier afgekom op ’n wrakstuk wat vermoedelik van die vermiste vliegtuig afkomstig is. Hy het in daardie sta­dium nie besef dat dit waarskynlik ’n stuk van die vliegtuig is nie.

Dit is dieselfde wrakstuk wat meer as twee maande later deur Neels Kruger, ’n argeoloog van Pretoria, op die strand gesien en opgetel is.

Die wrakstuk is reeds aan die Maleisiese regering gestuur.

Die vliegtuig het op 8 Maart 2014 vermis geraak kort nadat dit in Kuala Lumpur opgestyg het onderweg na Beijing. Daar was 239 passasiers en bemanningslede aan boord.

Die lugvaartveiligheidsburo in Australië het Donderdag bekend gemaak dat die wrakstuk waarskynlik van die vliegtuig afkomstig is.

Lückhoff het gesê hy het op 23 Desember op die strand by Klein-Brakrivier gestap. Dit was omstreeks 07:22 toe hy ’n voorwerp op die strand gesien het. Dit het teen die rivieroewer gelê. Hy het ’n foto daarvan geneem.

“Ek was eintlik besig om foto’s te neem van die vinnig vloeiende water vir ’n fotografieprojek,” het hy vertel. “Die stuk het my aandag getrek omdat dit die enigste voorwerp op die kaal stuk sand was. Omdat dit weens die verrottende eendmossels gestink het, het ek dit nie gehanteer nie en ’n terloopse foto geneem.

“Ek het dit nie herken vir wat dit was nie en gedink dat dit dalk deel van ’n ou kennisgewingbord is. Dit was vol sand en mossels en net ’n deeltjie van die letters het uitgesteek.

“Ná die volgende hoogwater het ek dit nie weer gesien nie en aangeneem dat dit weer die see in gespoel het.”

Toe hy later die berig oor Kruger in Die Burger sien, het hy dit herken.

Kruger het by navraag gesê hy is baie opgewonde daaroor. “Dit kan ’n bydrae lewer tot die ondersoek.”

Meer oor:  Malaysia Airlines
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.