Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mienke weer tuis ná aanvalle

Vandat Mienke Mulder uit die hospitaal ontslaan is, het sy Kersfees en die dag wat sy 11 maande oud geword het saam met haar gesin gevier.

Mienke, wat op 25 Augustus aan ’n bottel melk by ’n dagmoeder in Mbombela, Mpumalanga, verstik het, het op 31 Desember 11 maande oud geword.

Mienke Mulder op 31 Desember toe sy 11 maande oud geword het. Foto: Facebook

Sy is op 15 Desember ná sowat drie maande in die Netcare-rehabilitasiehospitaal in Johannesburg ontslaan.

Sy was aanvanklik in die waakeenheid van die Netcare Waterfall City-hospitaal in Midrand waarheen sy per lugambulans geneem is.

Sy het ’n halfuur lank nie suurstof gekry nie en breinskanderings het getoon dat sy ernstige breinskade opgedoen het. Al kan sy sien, kan haar brein nie vertolk wat sy sien nie.

Mienke ly aan kortikale verswakking van sig (CVI). Dit vind plaas ná ’n breinbesering. Dit verskil van ander soorte verswakking van sig wat toegeskryf kan word aan fisieke probleme met jou oë. Kortikale verswakking kom voor nadat die gedeeltes in die brein verantwoordelik vir visuele “inligting” beskadig word. Dit lei dan tot kommunikasiesteurings tussen die brein en die oë.

Verna en Ryno, haar ouers, het gehoop dat sy teen haar ontslag ten volle genees sou wees, maar dit was ongelukkig nie die geval nie.

Mienke moes uit die hospitaal ontslaan word, omdat die gesin se mediese fonds nie langer meer vir haar nodige rehabilitasie voorsiening gemaak het nie.

Verna Rheeders Mulder

Mienke is home?? The seizures havnt stopped and the doctors aren't sure why this is happening as she is on medicine and blood revealed that her epilum levels are perfect. But Mienke will see her...

Op 28 Desember het Verna die meer as 39 000 ondersteuners van Mienke se Facebook-blad, Please Pray for Mienke, gevra om asseblief vir hul jongste dogter te bid.

Luidens dié inskrywing het Mienke vir die laaste paar dae ’n hele paar skielike aanvalle, wat haar ouers nog nooit vantevore gesien het nie, gekry.

Sy het ’n video van Mienke wat só toeval kry by dié inskrywing geplaas en gesê dat sy dié video aan die rehabilitasiehospitaal gestuur het vir dokters om raad te gee.

Baie dankie almal. Dié foto van Mienke Mulder het haar ma, Verna, gebruik om die meer as 39 000 mense op die meisie se ondersteuningsblad op Facebook te bedank vir hul gebede en ondersteuning.Foto: Facebook

Mienke is toe weer vir ’n paar dae in dié hospitaal opgeneem.

Op 31 Desember het Verna geskryf dat Mienke weer tuis is en dat die aanvalle nog nie bedaar het nie.

“Die dokters is nie seker wat aan die gebeur is nie en hoekom dit gebeur nie, omdat sy nog medisyne (vir epilepsie) gebruik en haar bloedvlakke perfek is.”

Verna sê Mienke sal binnekort haar neuroloog sien om dit te probeer uitsorteer, “want dit is hartverskeurend om te aanskou”.

Sy het op Oujaarsdag ’n foto van haar donkerkopdogter met die lang swart wimpers geplaas om almal op die ondersteuningsgroep vir hul gebede en ondersteuning die afgelope tyd te bedank.

Verna Rheeders Mulder

Thank you to everyone who reached out for me this year... may you be blessed?? Enjoy the last day of 2017... and may 2018 be filled with lots of blessings and happiness for you and your family??...


Meer oor:  Verna Mulder  |  Johannesburg  |  Gesondheid  |  Baba Mienke  |  Sosiale Media  |  Foto  |  Epilepsie  |  Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.