Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mighty Men: man (32) sterf tydens saamtrek in Maluti
Harald Moll, wat ten tyde van die Maluti Mighty Men-byeenkoms dood is, saam met sy vrou, Esthea.Foto: Facebook

’n Man van Bethlehem het Saterdagmiddag in sy sleepwatent op die kampterrein by die Maluti Mighty Men-byeenkoms gesterf.

Die oorsaak van die 32-jarige Harald Moll se dood is nog nie bekend nie.

Ute Coetzer, Moll se ma, het gesê hy het Vrydagaand in sy sleepwatent op die terrein gaan slaap. Teen Saterdagmiddag het mense na hom begin soek en ontdek dat hy dood is.

Coetzer het gesê die familie het nog geen duidelikheid oor wat sy dood veroorsaak het nie.

Kapt. Zweli Mohobeleli, ’n woordvoerder van die polisie, sê hy is op die toneel dood verklaar en die oorsaak sy dood sal deur ’n lykskouing vasgestel word.

Werner Maree, een van die organiseerders van die byeenkoms, het gesê Moll was baie betrokke by die byeenkoms. Hy het gehelp met die aanlê van elektrisiteit.

“Ons moes een van ons broers groet,” sê Maree.

Joe Niemand het die lied “Psalm 23” as ’n huldeblyk aan Moll opgedra by die byeenkoms.

Hy word oorleef deur sy vrou, Esthea, en hul seun, Wian, wat op 25 April een jaar oud word.

Die Mighty Men-gemeenskap beplan om ’n polis uit te neem vir die seun wat nou sonder sy pa gaan grootword.

Enigeen wat ’n bydrae wil maak, kan die organiseerders kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.