Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Militêre hulp ‘maak reeds verskil’ in Oos-Kaap
Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap (regs), verwelkom Maandag militêre gesondheidsorgwerkers wat in die Oos-Kaap ontplooi is by die Cecilia Makiwane-hospitaal in die Buffalo City-metro. Foto: Verskaf

Militêre gesondheidsorgwerkers wat in die Oos-Kaap ontplooi is, het Maandag by die Cecilia Makiwane-hospitaal in Mdantsane by Oos-Londen as ondersteunende gesondheidspersoneel aangemeld.

Die groep van 75 is vroeër die maand op versoek van Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, as bykomende hulp na die provinsie gestuur.

Hulle was verlede week in die Nelson Mandelabaai-metro, waar hulle op een dag ongeveer 250 gevalle gehanteer het. Die groep sal vandeesweek hulp lewer aan die Buffalo City-metro, wat naas die Nelson Mandelabaai-metro die hoogste infeksiekoers in die Oos-Kaap het.

Mabuyane het Maandag aan die media gesê die militêre gesondheidsorgwerkers se bydrae maak reeds ’n verskil. Tesame met die verbod op drankverkope het Mabuyane reeds verslae ontvang wat op ’n beduidende verskil in die druk op die provinsie se gesondheidstelsel dui.

Die provinsie het ook verlede week ’n projekbestuurseenheid (PMU) op die been gebring vir ’n verbeterde provinsiale reaksieplan teen die pandemie.

Luidens die jongste beskikbare syfers is 63 181 mense nou al in die Oos-Kaap positief getoets en is 825 aan Covid-19 dood.

Luidens die jongste beskikbare syfers is 63 181 mense nou al in die Oos-Kaap positief getoets en is 825 aan Covid-19 dood.

Mabuyane het Maandag gesê dit is ook belangrik om te let op die provinsie se herstelkoers wat nou op sowat 70% staan.

Die Oos-Kaap se gesondheidsdepartement het die afgelope paar weke onder hewige kritiek oor sy onvermoë en swak leierskap deurgeloop, wat gelei het tot versoeke vanuit verskeie oorde dat die departement onder administrasie geplaas word.

In ’n poging om die uitdagings in die provinsie se gesondheidstelsel die hoof te bied, het die regering ’n ondersoek deur ’n ondersteuningspan van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangevra.

Ná ’n ondersoek van bykans twee weke het die ondersteuningspan onvoldoende koördinasie tussen die tersiêre, streeks- en distrikshospitale gevind en voorgestel dit word deur ’n hersiene opdrag- en beheerstruktuur verbeter.

Mabuyane het in ’n verklaring gesê die ondersoek het verder aangedui dat die regering dringend moet ingryp by die probleme wat hospitale ondervind. Die Dora Nginza-hospitaal in die Nelson Mandelabaai-metro is uitgewys as een van die hospitale wat oorweldig word deur die pasiënt-aanvraag, en ’n gebrek aan infrastruktuur, toerusting en mensehulpbronne om te voldoen aan die vraag na kliniese sorg.

Een van hoofaanbevelings van die ondersteuningspan was die aanstel van ’n projekbestuurder vir Covid-19, wat die nodige gesag het om planne vinnig te laat uitvoer.

Mabuyane het gehoor gegee aan die aanbevelings deur onder meer die PMU in dr. Thobile Mbengashe, superintendent-generaal van die provinsiale gesondheidsdepartement, se kantoor te stig. Verskeie kenners is deel van die PMU.

Mabuyane sê deur middel van die PMU sal burokratiese rompslomp uitgesny word, sodat oplossings vinniger vir uitdagings gevind kan word.

Mabuyane sê hy glo die ingryping van die PMU by die gesondheidsdepartement is deel van die begin van ’n transformasieproses om dienslewering aan inwoners te verbeter.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Koronavirus  |  Hulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.