Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Miljoene stroom in vir fonds teen geslagsgeweld

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag gesê hy waardeer die bydraes van R128 miljoen tot dusver vanuit die private sektor aan die fonds teen geslagsgeweld en moord op vroue, wat Donderdag bekend gestel is.

Maatskappye en sakeorganisasies het onderneem om die geld te skenk tydens die bekendstelling van die fonds, wat grootliks deur die Internasionale Vroueforum van Suid-Afrika en vroue bestuur sal word.

“Verskeie maatskappye wat aan die bekendstelling deelgeneem het, het onderneem om R128 170 000 te skenk,” lui ’n verklaring van die presidensie Vrydagaand.

Dié privaatsektorfonds is gestig om die inwerkingstelling van die Nasionale Strategiese Plan (NSP) te ondersteun.

Dr. Judy Dlamini, voorsitter van die fonds en kanselier van die Universiteit van die Witwatersrand. Foto: Argief

Ramaphosa sê: “Ons waardeer die hulpbronne wat bygedra is deur maatskappye en filantrope wat toegewyd is aan sosiale verandering. Hierdie verbintenis kom in ’n tyd van groot ekonomiese probleme, wat bydra tot die swaarkry en kwesbaarheid van vroue.

“Dit is ’n belangrike bydrae tot die verbetering van die lewe van vroue en meisies in ons samelewing. Die suksesvolle bekendstelling van die fonds is ’n belangrike bewys van die samehorigheid in ons samelewing en die visie van ’n beter Suid-Afrika wat deur maatskaplike vennote gedeel word.”

Donderdagaand is berig Anglo American, Absa en die Ford-stigting het R20 miljoen elk geskenk.

Die res van die maatskappye wat bygedra het, se besonderhede sal na verneem word binnekort op die fonds se webtuiste gepubliseer word.

Die fonds beoog om ’n beduidende verskil te maak deur organisasies te ondersteun wat geslagsgeweld bekamp en deur aan vroueorganisasies in gemarginaliseerde gemeenskappe toegang tot hulpbronne te gee.

Die fonds beplan ook om met aktiviste op voetsoolvlak te praat.

Dr. Judy Dlamini, kanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, is die voorsitter van die bestuur van die fonds.

Wendy Lucas-Bull, voorsitter van die Absa-groep en nuutverkose voorsitter van die Shoprite-groep, dien as ondervoorsitter en Faith Khanyile, hoof van WDB Investment Holdings, en dr. Namane Magau is bykomende lede.

Meer oor:  Fonds  |  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.