Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minder as helfte van O-Kaapse polisielede mag wapens dra

Minder as die helfte van Oos-Kaapse polisielede mag volgens wet hul dienswapens dra, omdat hulle nog nie die nodige vaardigheidstoetse daarvoor afgelê het nie.

Volgens Weziwe Tikana, LUR vir veiligheid en vervoer in die Oos-Kaap, het slegs 5 531 beamptes uit die provinsie se 13 688 beamptes, sowat 40%, vir die 2019-’20-boekjaar die jaarlikse vaardigheidstoets voltooi.

Dié antwoorde spruit uit vrae wat deur Bobby Stevenson, DA-woordvoerder oor veiligheid in die provinsie, in die wetgewer aan die LUR gevra is.

Vir die 2018-’19-boekjaar het slegs 54% van die beamptes die toets afgelê.

Dra hulle ’n wapen terwyl dit ’n oortreding van die wettige voorskrifte is, óf gaan hulle onbeskermd (ongewapen) na die oorlogsone van misdaad in die provinsie?

“Dit beteken lede wat nie die toets voltooi het nie, is nie wetlik bevoeg om ’n vuurwapen te dra nie,” het Stevenson in reaksie op die syfers gesê.

Volgens hom word die polisie hierdeur belemmer en skep dit ’n situasie vir regstappe om teen die polisie gedoen te word indien ’n vuurwapen onwettig gebruik word.

“Dit plaas die hardwerkende en toegewyde polisielede in ’n moeilike situasie. Dra hulle ’n wapen terwyl dit ’n oortreding van die wettige voorskrifte is, óf gaan hulle onbeskermd (ongewapen) na die oorlogsone van misdaad in die provinsie?”

Tikana sê beamptes wat medies ongeskik is om die voorgeskrewe vuurwapentoets te doen en lede wat ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer onbevoeg verklaar is, is van die redes vir hoekom die jaarlikse toetse nog nie afgelê is nie.

Maar Stevenson sê hy vermoed die werklike rede is eerder weens die tekort aan oefen-ammunisie.

Hy sê hoewel Tikana aanvoer daar is geen tekort aan ammunisie vir daaglikse gebruik nie, het sy versuim om melding te maak van die tekort aan oefen-ammunisie.

Hy beweer verder brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het vroeër die week aan ’n Engelse dagblad bevestig dat daar weens ’n probleem met hul verskaffer ’n tekort aan ammunisie is.

Naidoo het Donderdag nie onmiddellik op navrae hieroor reageer nie.

Stevenson het verder aangevoer dat Tikana verlede jaar ook versuim het om korrekte inligting te verskaf toe sy uitgevra is oor die polisie se tekort aan toestelle om verkragtingsondersoeke te doen.

“Ons benodig ’n hoogs bevoegde en doeltreffende polisiediens wat nie deur verkrygingsprobleme gekniehalter word nie. Ons het ’n moderne polisiediens nodig, met hul voete op die grond, kameras op pale en hommeltuie in die lug. Al drie hierdie goed is onontbeerlik om misdaad te bestry,” het hy gesê.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Polisielede  |  Wapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.