Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Minibus ploeg in groep ryers in
Kansa-lede help beseerde fietsryers nadat hulle raakgery is. Foto: Skermgreep uit Charlene Kotze se video

Die 60-jarige Wicus Kotze van Pretoria is Sondag met bloeding op die brein in die Ferncrest-hospitaal in Rustenburg opgeneem nadat ’n toerbussie hom en vier ander fietsryers van agter getref het in die Cycle4Cansa-padfietsren by Sun City.

Kotze is ’n uitvoerende bestuurslid van Bestmed.

Die busbestuurder het na bewering op die fietsryers afgepyl en geen poging aangewend om stil te hou of uit te swaai nie.

Aanvanklik is gesê Kotze is per helikopter na die Wilgers-hospitaal gebring, maar sy toestand was so kritiek dat hy dadelik in Rustenburg geopereer moes word.

In die ongeluk is ’n rugwerwel van Lourens Janse van Rensburg (60) van Welkom gekraak.

Sy vrou, Eureka, het aan Netwerk24 gesê hulle het die ongeluk gesien gebeur waar hulle langs die pad gestaan het om die ryers te ondersteun.

“Ek het Lourens in sy pienk hemp herken en wou ’n foto van hom neem.

“Ons het die bussie agter die groep ryers gesien en die volgende oomblik het ek net ’n vrou deur die lug sien trek en toe was daar fietsryers oor die pad versprei.

“Ek het na my man gehardloop wat eenkant in die pad gelê het en die ergste verwag.”

Janse van Rensburg beweer die bestuurder het “totaal emosieloos daar langs sy bussie gestaan en kyk na die beseerdes in die pad”.

Die ryer wat eerste getref is, Charlene Kotze (41), ’n fiksheidsinstrukteur van Glenvista, het gesê sy het nie die bussie agter haar gehoor nie. Sy het net gevoel hoe iets haar fiets skep en sy deur die lug trek.

“Ek het my hele lyf slap gemaak en ek dink dit was my redding,” het sy gesê.

“Die paramedici was byna onmiddellik daar.”

’n Pa en sy tienerseun wat saam op ’n tandemfiets gery het, is ook deur die bussie getref en na ’n hospitaal gebring.

Mauritz Meyer, mede-eienaar en -organiseerder van die ren, sê hulle het baie moeite gedoen om die veiligheid van die fietsryers te verseker.

Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem.

Meer oor:  Minibus  |  Fietsry  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.